Wild Atlantic Way

Die sandstrande van Trawbreaga Bay in die graafskap Donegal

Die Wild Atlantic Way (Iers: Slí an Atlantaigh Fhiáin) is 'n toerismeroete langs die weskus en dele van die noord- en suidkus van Ierland wat in Februarie 2014 deur die destydse Ierse staatsminister van toerisme en sport, Michael Ring T.D., amptelik bekend gestel is.[1] Dit is Ierland se eerste langafstandroete met 'n padlengte van 1 553 myl en strek van die Inishowen-skiereiland in die graafskap Donegal (sy mees noordelike punt naby die grens met Noord-Ierland) tot Kinsale, 'n nedersetting in die suide van in die graafskap Cork. Die doelwit is om die belangstelling van toeriste vir langer rondreise te wek en sodoende meer werksgeleenthede vir landelike gemeenskappe langs die Ierse weskus te skep.

  1. Fáilte Ireland, 27 Februarie 2014: Minister Ring officially launches Wild Atlantic Way. Besoek op 14 Junie 2020

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy